Artist picture of Tasha

Tasha

399 fans

Top titres de l'artiste

Ons Sal Self Gerhard Steyn, Ruhan Du Toit, Demi Lee Moore, Steve Hofmeyr 03:27
PJL (Pelo Menos uma Vez) Doncesão, Febem, Clara Lima, TORRES 04:59
Get Up Steven Stone, Tasha 08:24
Black Due Tasha 03:28
The Way U Make Me Feel Street Creeps, Tasha, Street Creeps, Tasha 04:10
So Sick Tasha, Clipse 03:40
Ek Moet Weet Tasha 03:11
Convenience Store Drunken Tiger, Tasha 03:44
Uitsondering Tasha 03:35
Die Mense Op Die Bus Tasha 03:06

Artistes similaires

Playlists

Biographie

Tasha het tydens Die Kontrak, Coleske Artists se realiteitsangkompetisie wat op Via TV uitgesaai is, haar merk as talentvolle kunstenaar gemaak nadat sy in verskeie van die episodes lof ontvang het vir haar optredes. Daar is tóé reeds voorspel dat sy nog diep spore in die musiekbedryf gaan trap. Volgens Tasha het Die Kontrak vir haar nuwe deure in die Afrikaanse musiekbedryf oopgemaak en kon sy ’n nuwe vlak betree. Tasha, wat vir mense stories wil vertel deur die musiek wat sy sing, het op die ouderdom van ses jaar begin sing. Aanhangers word geroer deur die unieke manier waarop sy die gehore meevoer. Sy speel ook self kitaar en is veral tuis op die verhoog met dié instrument. Tasha se eerste enkelsnit, Uitsondering was teen einde 2019 eksklusief op die gesogte versamelalbum, Afrikaans is Groot. Vol. 12, en ’n unieke musiekvideo was ook verfilm. Haar nuutste enkelsnit, Ek Moet Weet, sal beslis by haar ondersteuners aanklank vind en met dié liedjie sluit sy die jaar 2020 op ’n hoogtepunt af. Tasha was ook deel van die Ons Sal Self-projek van Solidariteit waartydens ’n liedjie en musiekvideo vrygestel is. In dié liedjie is sy saam met kollegas soos Steve Hofmeyr, Gerhard Steyn, Demi Lee Moore, Jay en vele meer.