Artist picture of Kurt Darren

Kurt Darren

28 059 fans

Artistes similaires

Playlists

Biographie

Nadat Kurt almal aan die dans gekry het met sy hoë energie enkelsnit, Party Tyd wat vroër vanjaar vrygestel is, is hy terug en dit is tyd vir almal om bietjie gesellig rondom die vuur bymekaar te kom en terug te dink aan Die Goeie Ou Dae – Kurt se nuutste saamsing treffer. Of jy nou sit op die strand of kuier in die bosveld, Kurt nooi jou om saam te sing en bietjie te deel oor die lekkerste tye van ons lewens. Soms raak mens opgevang in die hede se probleme en vergeet eintlik van al daai goeie tye wat jy al met jou naaste kon deel. Of jy raak so besig dat jy nalaat om weer met ‘n paar pelle op te vang oor hoe lekker julle al saam gelag en te kere gegaan het, terwyl julle dan sommer nuwe herinneringe skep. Dit is soms juis wanneer mens net ‘n bietjie terug dink wat dit so ‘n groot glimlag op jou gesig sit, jy skep sommer nuwe herinneringe waarna jy weer kan terugkyk in die toekoms en sê: “Daai was die goeie ou dae”. So, Kurt nooi jou om vandag saam met hom die toekoms se Goeie Ou Dae te skep. Kry jou familie, nooi jou vriende en jou bure. Steek ‘n vuurtjie aan en kom ons onthou Die Goeie Ou Dae.